Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Samuel 2

:
Afrikaans - AFR20
1 Hanna het gebid en gesê: “My hart juig in die Here, ek is sterk in die Here. Ek maak my mond wyd oop teenoor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.
2 “Niemand is heilig soos die Here nie, ja, daar is niemand buiten U nie; daar is geen rots soos ons God nie.
3 Julle moet nie verwaand bly praat nie, nie vermetele woorde oor julle lippe laat kom nie; want 'n God van kennis is die Here; deur Hom word dade geweeg.
4 “Die boë van helde is verpletter, maar dié wat struikel, omgord hulleself met krag.
5 Hulle wat versadig was, verhuur hulleself vir brood, maar hulle wat honger was, het oorvloed. Selfs die onvrugbare gee geboorte aan sewe, maar die vrou met baie seuns kwyn weg.
6 “Die Here maak dood en Hy maak lewend; Hy laat na die •doderyk afdaal en Hy laat daaruit opkom.
7 Die Here maak arm en Hy maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.
8 Hy laat armes uit die stof opstaan, van die ashoop af hef Hy behoeftiges op om hulle by vooraanstaandes te laat sit en 'n ereplek hulle erfdeel te maak. Ja, aan die Here behoort die fondamente van die aarde, Hy het die wêreld daarop geplaas.
9 “Die voete van sy troue volgelinge beskerm Hy, maar goddeloses in duisternis word hulle vernietig. “Ja, dit is nie deur krag dat iemand seëvier nie.
10 Die Here wie teen Hom te staan kom, word verpletter; oor hulle laat Hy dit dreun uit die hemel. Die Here spreek reg tot by die uithoeke van die aarde. Hy gee krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.
11 Daarna het Elkana na Rama gegaan, na sy huis toe. Die seuntjie was egter in diens van die Here onder toesig van Eli, die priester.
12 Eli se seuns was deugniete. Hulle het die Here nie geken nie.
13 Die reg van die priesters teenoor die volk was so dat, wanneer enigiemand 'n offer slag, die priester se handlanger met 'n drietandvurk in sy hand kom terwyl die vleis kook.
14 Dan steek hy dit in die kastrol, pot, kookpot of erdepot. Alles wat die vurk optrek, neem die priester daarmee weg. So het hulle gewoonlik gemaak met die hele Israel wat daar in Silo aangekom het.
15 Maar selfs voordat die vet verbrand is, het die priester se handlanger gekom en vir die man wat slag, gesê: “Gee vir die priester vleis om te braai. Hy sal nie gekookte vleis van jou aanvaar nie, net rou vleis.”
16 As die man vir hom sê, “Laat hulle net eers die vet heeltemal verbrand, dan kan jy vir jou vat wat jy graag wil hê,” dan antwoord hy: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld!”
17 Hierdie sonde van die jong manne was baie groot in die van die Here, want die manne het die offer aan die Here met minagting behandel.
18 Samuel het voor die Here diens gedoen 'n seuntjie wat 'n efod van linne aangehad het
19 en 'n klein manteltjie wat sy moeder vir hom gemaak en vir hom geneem het wanneer sy jaar jaar saam met haar man opgegaan het om die jaarlikse offer te slag.
20 Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën. Hy het gesê: “Mag die Here vir jou uit hierdie vrou 'n nageslag vestig in die plek van hom wat van die Here gevra is. Daarna het hulle na hulle woonplek gegaan.
21 Omdat die Here na Hanna omgesien het, het sy swanger geword. Sy het aan nog drie seuns en twee dogters geboorte gegee. Maar die seuntjie Samuel het by die Here grootgeword.
22 Eli was al baie oud. Toe hy hoor wat sy seuns alles aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap het met die vroue wat diens doen by die ingang van die •Tent van Ontmoeting,
23 hy vir hulle: “Waarom doen julle hierdie dinge, dat ek telkens van julle slegte gedrag moet hoor by hierdie hele volk?
24 Nee, my seuns! Want die gerug wat ek hoor besig is om onder die volk van die Here te versprei, is nie goed nie.
25 As een mens teen 'n ander mens sondig, kan God die saak vir hom beslis. Maar as dit teen die Here is wat 'n mens sondig, wie sal dan sy saak behartig?” Hulle het egter nie na hulle vader geluister nie, want die Here wou hulle om die lewe bring.
26 Die seuntjie Samuel, daarenteen, het in aansien en guns gegroei, by sowel die Here as by die mense.
27 'n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “So die Here, ‘Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou voorvader toe hulle in Egipte onderdanig was aan die huis van die farao nie?
28 En het Ek hom nie vir My as priester gekies uit al die stamme van Israel om op te gaan na my altaar, om reukwerk te brand, en om die efod te dra in my teenwoordigheid nie? Ek het aan die familie van jou voorvader al die offergawes van die Israeliete gegee.
29 Waarom vertrap julle my slagoffers en •graanoffers wat Ek vir my woning beveel het? Jy betoon meer eer aan jou seuns as aan My deur julleself vet te maak met die keur van al die graanoffers van Israel, my volk.’
30 “Daarom is die uitspraak van die Here, die God van Israel, ‘Ek het uitdruklik gesê: “Jou huis en die huis van jou vader sal vir altyd in my teenwoordigheid diens doen.” Maar nou is die uitspraak van die Here, ‘Ek sal dit nooit toelaat nie! Want mense wat My eer, sal Ek eer; maar mense wat My minag, sal veragtelik wees.
31 Kyk, die tyd kom dat Ek jou mag en die mag van jou vader se huis sal kortknip, sonder dat daar 'n bejaarde in jou huis sal wees.
32 Jy sal met angs, met jaloesie, al die goeie wat Hy aan Israel doen, moet aanskou, terwyl daar nooit meer 'n bejaarde in jou huis sal wees nie.
33 En as Ek iemand wat aan jou behoort van my altaar nie afsny nie, sal dit net wees om jou te laat verdof en jou lewenskrag te laat wegkwyn. En almal wat by jou huis gevoeg word, sal deur die swaard van mense sterf.
34 En dit wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal reeds vir jou 'n teken wees: Op een dag sal hulle albei sterf.
35 ‘Ek sal vir My 'n betroubare priester aanstel wat volgens my wil en wens sal optree. Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy altyd voor my gesalfde sal diens doen.
36 En elkeen wat oorbly in jou familie, sal kom om diep voor hom te buig vir 'n stukkie silwer en 'n ronde brood. En hulle sal sê: “Stel my asseblief aan by een van die priesterlike take, sodat ek 'n stukkie brood het om te eet.”